24 July 2016
FAITH IN DIFFICULT TIMES
Dr J S (Kobus) Kellerman
And without faith it is impossible to please God, because anyone who comes to him must believe that he exists and that he rewards those who earnestly seek him (Heb.11:6)
In his book “Is geloven moeilijker dan vroeger?” Rev. J. Overduin after the Second World War, wrote about the problem of faith in a world that is broken, desolated and disrupted. It was especially the test of the Christian’s faith which came under scrutiny.
But what is this faith all about? What does it mean to believe? Also in our upside-down world of today where so many things in the community are busy disintegrating. Where and how does faith then come in question? Here we must distinguish between what we believe in (the objective), and that we believe it (the subjective). We could then also ask: Do we believe what we say we believe?
We in fact live with a kind of faith every day. It is that faith that involves everything that happens during the course of the day. We believe that if we press the right switch, the light will come on; if we open the tap the water will start flowing – to name but a few examples. This is not the kind of faith that is being discussed here. No, it is the belief in the supernatural, the transcendent that it is all about. For us as Christians, it is faith in God, in his involvement in the life of the day, the immanent , it is about life on the market-square. And it is here where the Bible becomes relevant because it is in and through the Bible that we come to know God, the Triune God: Father, Son and Holy Spirit.
Rev. Overduin observed in this regard that the message of the Bible is so extraordinary, surprising, unexpected that man cried out: “it is unbelievable!” A person’s resistance is so high to the message of the Bible that the Holy Spirit has to change our hearts to enable us to believe (Eph. 2: 8). It is so that to believe is almost impossible for us as human beings. Many circumstances and influences are contributing in making it difficult to believe. And when we do believe, the risk of infection is great and it is so because in this world we are strong and vulnerable at the same time. We can attest, but proof is not possible. To bring the transcendent to the immanent is not so simple. Our strength to get over this bridge, lies in our relationship with Him that is making us believe.
On the question: What is true faith? the Heidelberg Catechism is helping us: ‘True faith is not only a sure knowledge whereby I hold for truth all that God has revealed to us in His Word, but also a hearty trust, which the Holy Spirit works in me by the Gospel, that not only to others, but to me also, forgiveness of sins, everlasting righteousness, and salvation are freely given by God, merely of grace, only for the sake of Christ’s merits’. Added hereto we find the words in Hebrews 11:1 – ‘Now faith is being sure of what we hope for and certain of what we do not see.
Faith is the language of the Word of God. Hebrews 11 strikingly explains the role of faith as it was lived by characters in the Old Testament. In the New Testament faith results in our salvation, the redemption, justification and sanctification (Rom. 3: 21-26; etc.). The Apostle Paul explains In Phil. 3: 7-11 how faith worked in his life. James re-emphasizes the role of faith in the prayer life of the believer (James 1: 5-8).
The world and time in which we are called to believe, does not make it easy for us to do so (2 Tim. 3: 1-5; Phil. 2:15; Eph. 5: 15-16). Dislocation, uncertainties, instability, fear, hatred, murder and manslaughter, wars, terrorism, immorality, and so on, contributes to a sick society. Add to this what Jesus said about the end times (Mt. 24, Mk. 13; Lk. 21) and we can recognize the signs of this in the story of the world of today. Along with all the suffering, hunger, poverty, refugees and natural disasters and their consequences, it is not strange to hear why questions, questions about God and his apparent absence in these woes. This leads to a displacement of faith in God to rather believe in anything that might bring hope and with it the Bible lost its relevance for seeking people. Together with all of this comes the tension between faith and science that contributes in doubting everything that calls for faith in God the Creator and Redeemer of man who will save him out of his hopelessness. If you, in God’s Word, get to know the God of the Word, you will gradually learn to trust Him for his faithfulness. His grace and love is immeasurable in size.
There are so many things to say about faith, things that people must think and meditate on in silence and then trust the Spirit to lead them to insight and action. According to 1 Pet. 1: 6-9 faith is tested constantly: – it is constantly threatened by things that might be called anti-faith that can lead to a lack of faith or through doubting, to disbelief. Faith is also to venture with God without knowing where it is taking you as was the case with Abraham (Heb.11:8). It is to look past everything (experiences, beliefs, preconceptions, etc…) until there is nothing that separates you from God, until you trust on Him alone – to follow God into the unknown. You do not know where to, but you know that He loves you and that you love Him. The root of faith is to know the One in whom you believe, with whom you live in the right relationship (Mt. 6:33). Therefore faith is to expect the impossible, because Jesus said so (Lk. 18:41; Mk.11:24,25).
But we can say more about faith, especially that faith is not to walk in the clouds, but to persevere and not be weary and to have complete trust in God. God’s time is not our time, but the right time (Acts. 27:25). God does not ensure a voyage to the other side without storms on our way, but ensures a safe arrival.
Our faith crumbles when we are confused (Joh. 16:32; 20: 26-29). We will experience an inner loneliness while we thirst for God to save us (Ps. 42). If everything threatens to collapse, God is still there (2 Tim. 4: 16-18). Faith is not a pathetic sentiment, but a robust confidence in God, built on the fact that he is a God of holy love (Rev. 3: 9-10).
Eventually faith is not an intellectual understanding, but a deliberate commitment to the Person of Jesus Christ, whom I follow where I myself cannot see the way (Joh. 11: 7-8).
Faith is to know Him and to completely trust Him to lead you on the path you should go.
******************************
24 Julie 2016
GELOOF IN MOEILIKE TYE
Dr J S (Kobus) Kellerman
As mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil.
Wie tot God gaan, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, sal beloon (Hebr.11:6).
In sy boek Is geloven moeilijker dan vroeger? skryf ds. J. Overduin, ‘n wyle na die tweede wêreld oorlog, oor die probleem van geloof in ‘n wêreld wat stukkend, verslae en ontwrig was. Veral was dit die toets van die geloof by die christene wat onder die loep gekom het.
Maar wat is die geloof waarom dit gaan? Wat beteken dit om te glo? Ook in ons onderstebo wêreld van vandag waar so baie dinge in die samelewing besig is om om te disintegreer. Waar en hoe kom geloof ter sprake? Hier moet ons onderskei tussen dit waarin ons glo (die objektiewe), en dat ons dit glo (die subjektiewe). En dan sou ons ook kon vra: Glo ons wat ons sê dat ons glo?
Ons lewe eintlik elke dag in die geloof, dit is nou geloof in die loop van die sake van die dag. Ons glo dat as ons die skakelaar aanskakel die ligte sal skyn; as ons die kraan oopdraai, sal die water uitkom – om maar enkele voorbeelde te noem. Dit is nie van hierdie soort geloof waaraan ons hier dink nie. Nee, dis die geloof in die bonatuurlike, die transendente waarom dit hier gaan. Vir ons as christene is dit die geloof in God, in sy betrokkenheid by die lewe van die dag, by die immanente , by die lewe op die mark-plein. En hier kom die Bybel ter sprake want dit is in en deur die Bybel dat ons God leer ken, die Drie-Enige God: Vader, Seun en Heilige Gees.
Ds Overduin merk in hierdie verband op dat die boodskap van die Bybel so buitengewoon, verrassend, onverwag is, dat die mens uitroep: dit is on-gelooflik! Die mens se weerstand is so groot dat die Heilige Gees ons harte moet verander om te glo (Ef.2:8). Dit is so omdat om te glo, vir onsself as mense, ‘n onmoontlikheid is. Talle omstandighede en invloede werk hiertoe mee en bemoeilik dit om te glo. En wanneer ons wel glo, is die gevaar van infeksie groot en dit is so omdat ons in die wêreld tegelyk sterk en kwesbaar staan. Ons kan getuig, maar bewys is nie moontlik nie. Om die transendente by die immanente te bring is nie so eenvoudig nie. In die verborge omgang met Hom wat die geloof wek, lê ons krag om oor hierdie brug te kom.
Op die vraag : Wat is ware geloof? help die Heidelbergse Kategismus ons: ‘n Ware geloof is nie alleen ‘n vasstaande kennis waardeur ek alles wat God in sy Woord aan ons geopenbaar het, vir waar aanvaar nie, maar ook ‘n vaste vertroue wat die Heilige Gees deur die evangelie in my hart werk, naamlik dat God nie net aan ander nie, maar ook aan my uit louter genade, slegs op grond van die verdienste van Christus, vergewing van sondes, ewige geregtigheid en saligheid geskenk het. Hierby kom die woord in Hebreërs 11:1 wat dit ook duidelik uitspel: Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.
Geloof is die taal van die Woord van God. In Hebreërs 11 word die rol van geloof soos dit by karakters in die Ou Testament geleef het, treffend uitgespel. In die Nuwe Testament word geloof verbind aan ons verlossing, aan die vryspraak, die regverdigmaking en die heiligmaking (Rom.3:21-26; ens.) In Fil.3:7-11 verduidelik die apostel Paulus hoe geloof in sy lewe gewerk het. Jakobus beklemtoon weer die rol van geloof in die gebedslewe van die gelowige (1:5-8).
Die wêreld en tyd waarin ons geroep is om te glo, maak dit nie maklik nie (Vgl. 2 Tim. 3:1-5; Fil. 2:15; Ef. 5:15,16). Ontwrigting, onsekerhede, onstabiliteit, vrees, vyandskap, moord en doodslag, oorloë, terrorisme, immoraliteit, en so kan mens aangaan om ‘n siek samelewing te skets. Voeg hierby wat Jesus oor die eindtyd gesê het (Mt. 24; Mk. 13; Luk. 21) en herken die tekens daarvan in die storie van die wêreld van vandag. Saam met al die lyding .van hongersnood, armoede, vlugtelinge en natuurrampe met hulle gevolge, is dit nie vreemd om waarom-vrae te hoor, vrae oor God en sy skynbare afwesigheid in hierdie ellendes nie. Dit lei tot ’n verplasing van geloof in God na die geloof in enigiets anders wat moontlik hoop kan bring. En daarmee verloor die Bybel sy relevansie vir soekende mense. By dit alles kom die spanning tussen geloof en wetenskap wat bydra tot twyfel oor alles wat roep tot geloof in God die Skepper en Verlosser van die mens uit sy hooploosheid. Wie in die Woord van God die God van die Woord leer ken, leer algaande om Hom te vertrou vir sy trou. Sy genade en liefde is onmeetlik groot.
Van geloof kan so baie gesê word, dinge waaraan mens in stilte moet gaan nadink en die Gees vertrou om jou tot insig en optrede te lei. Volgens 1 Pet. 1:6-9 word geloof getoets – dit word voortdurend bedreig deur dinge wat mens anti-geloof kan noem, wat jou tot kleingeloof of selfs deur twyfel heen tot ongeloof kan dwing. Geloof is ook om te waag met God sonder om te weet waar jy kom (Hebr.11:18). Dit is om verby alles te kyk (ervarings, oortuigings, voorveronderstellings, ens.) totdat daar niks tusen jou en God is nie, totdat jy op Hom alleen vertrou – om God die onbekende in te volg. Jy weet nie waarheen nie, maar jy weet Hy het jou lief en jy vir Hom. Die wortel van geloof is om die Een te ken in wie jy glo, met wie jy in die regte verhouding leef (Mt.6:33). Daarom is geloof om die onmoontlike te verwag omdat Jesus so gesê het (Luk. 18:41; Mk.11:24,25).
Maar ons kan nog meer oor geloof sê, veral dat geloof nie is om op die wolke te loop nie, maar om te volhard en nie moeg te word nie en volkome op God te vertrou. God se tyd is nie ons tyd nie, maar wel die regte tyd (Hd. 27:25). God verseker ons nie ‘n stormlose vaart na die oorkant nie, maar wel ‘n veilige aankoms.
Wanneer ons verward is, tuimel ons geloof (Joh.16:32; 20:26-29). ‘n Innerlike alleenheid is ons voorland terwyl jy dors na God om jou tegemoet te kom (Ps.42). As alles dreig om in duie te stort, is God nog daar (2 Tim.4:16-18). Geloof is nie ‘n patetiese sentiment nie, maar ‘n robuuste vertroue op God, gebou op die feit dat Hy ‘n God van heilige liefde is (Openb.3:9,10).
Uiteindelik is geloof nie maar ‘n intelektuele verstaan nie, maar ‘n doelbewuste verbintenis aan die Persoon van Jesus Christus vir wie ek volg waar ek self nie die weg kan sien nie (Joh. 11:7,8).
Geloof is om Hom te ken en volkome te vertrou vir die pad wat jy moet loop.
********************************
Jammer Apostaat dat ek jou nog nie geantwoord het nie, maar my program was so ietwat vol die afgelope dae. Udo van Antwoord.org.za het solank namens my en Dr Kellerman geantwoord.
Hallo Apostaat
Ek het lank geworstel oor of ek hierdie brief vir jou moet skryf, veral omdat ek jou nader en jy nie vir my nie. Daar is ʼn klomp dinge wat ek altyd oorweeg in die voorneme om aan ʼn gesprek – of verder aan ʼn gesprek – deel te neem. ʼn Mens voel mos maar dat jou tyd en energie kosbaar is en die kanse vir suksesvolle gesprekvoering moet maar sover moontlik bereken word. Gesprekke misluk sommer gou wanneer ander jou intensies wanvertolk omdat hulle nie gewoond is aan die kritiese evaluering van idees nie en dan raak dit gou net ʼn moddergooiery. En suksesvolle gesprekke is dikwels harde werk en min mense het die tyd of toewyding wat daarvoor nodig is.
Daar is gewoonlik ʼn paar goed waarna ek oplet in hoe en wat mense sê wat as tekens dien vir die kanse op ‘n suksesvolle gesprek, veral oor die godsdiens. Drie goed wat ek kan uitsonder is anonimiteit, ʼn anti-Christelike agenda en dogmatiese skeptisisme (of fundamentalisme aan die ander kant). Hierdie dinge manifesteer op jou blog in ‘n meerdere of mindere mate, maar ek besef dat daar dalk versagtende omstandighede is. Kom ek verduidelik.
Anonimiteit: Iemand wat sy oortuigings met deurdagte integriteit kan stel en verdedig, hoef nie anoniem te wees nie. Ek verstaan egter die tipe veiligheid wat die versluiering van anonimiteit bied: baie mense sien eenvoudig nie kans sien vir die moontlike emosionele of sosiale implikasies wat hulle te wagte kan wees deur volle verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle sienings deur hulle identiteit daaraan te koppel nie. Ek verstaan dit en het daarom simpatie met die motivering agter “Apostaat”. In ander gevalle is anonimiteit egter die masker waaronder mense wegkruip sou hulle integriteit bevraagteken word. Daarvoor het niemand respek nie.
ʼn Anti-Christelike agenda: Daar is altyd iets vreemds daaraan wanneer mense meer energie wy aan dit waartéén hulle is, as aan dit waarvóór hulle staan. In die proses van paradigmaverskuiwing is daar natuurlik altyd ʼn fase waarin dit baie belangrik is om duidelikheid te hê oor dit wat verwerp word, dit waarteen jy is. ʼn Mens kan egter gou sien, in die desperaatheid wat daarmee gepaard gaan, as iemand in daardie fase vasgeval het. Vir baie mense word dit veel belangriker om elke liewe aspek van die ou paradigma verkeerd te bewys en belaglik te maak as om die deugde van die nuwe paradigma met helderheid en entoesiasme toe te lig. Ongelukkig is dit dan amper onvermydelik dat so ʼn persoon een of ander tyd in die slaggat gaan trap van wanvoorstellings en strooipop-argumente. Dink ek dat jy, as “Apostaat”, in ʼn anti-Christelike agenda vasgeval het? Wel, nee, want ek wil jou die voordeel van die twyfel gee en glo dat jy steeds in die fase is waar dit nodig is om vir jouself uit te klaar waarin jy nie meer glo nie. Die probleem is net dat ʼn mens reeds in sommige van jou artikels ‘n anti-Christelike retoriek opmerk wat met ʼn verantwoordelike verstaan van die Bybel en met ʼn akkurate verstaan van wat die Christelike siening wérklik is, nie veel te doen het nie. Voorbeelde is die volgende:
• https://apostaat.wordpress.com/2016/02/15/onbeskryflik-groot/
• https://apostaat.wordpress.com/2016/03/08/wat-ek-glo
• https://apostaat.wordpress.com/2016/03/07/die-enigste-redder-en-verlosser/
• https://apostaat.wordpress.com/2016/05/08/watter-vers-het-jou-laat-twyfel/
• https://apostaat.wordpress.com/2016/06/17/nog-in-die-hemel-nog-op-die-aarde/
• https://apostaat.wordpress.com/2016/08/07/heilig-heilig-heilig/ (Apostaat, dis byvoorbeeld bitter moeilik om te verstaan waarom iemand wat uit ʼn Christelike milieu kom, sal sê dat Christene oor hulleself dink soos jy veral in hierdie laaste artikel skryf! Sjoe!!)
So, ten spyte van laasgenoemde voorbeelde en omrede jy tog hier en daar ʼn uitnodiging rig dat iemand moet sê as hulle anders dink oor iets, gaan ek in goeder trou aanvaar dat jy bloot probeer “om in woorde uit te druk presies hóé [jou] geloof ontrafel het” en dat gesprek tog sinvol kan wees.
Dogmatiese skeptisisme: Iemand wat dogmaties skepties is, of fundamentalisties seker is, stel nie belang in gesprek nie, maar op neer praat en verdagmaking (sien hier). Hierdie lyk darem nie na jou benadering nie. Ek verstaan en aanvaar egter dat jy skepties is, in die sin dat jy ʼn klomp goed bevraagteken. En tog is daar ʼn verskil daarin om vrae te vra waar die inligting wat bekom word tot verdere oorweging dien, en ʼn bevraagtekening van alles op ʼn manier waar geen inligting regtig ʼn regverdige kans staan vir oorweging nie. Tyd sal leer oor hoe jy inligting verwerk en in watter mate jy retoriek inspan om jouself te verduidelik of te verweer.
Terloops, dit moet darem gesê word dat ek baie simpatie het met sommige van jou artikels. Voorbeelde sou die volgende wees:
• https://apostaat.wordpress.com/2016/04/13/woedend/
• https://apostaat.wordpress.com/2016/05/22/hopeloos/
• https://apostaat.wordpress.com/2016/05/02/beplande-protes-by-reason-rally-2016/
• https://apostaat.wordpress.com/2016/07/14/steven-anderson-en-haatspraak/
Vir nou wil ek graag stilstaan by ʼn spesifieke onderwerp naamlik die kwessie van geloof. Dit is die fokus van bespreking in jou mees onlangse artikel, Geloof is nie ʼn keuse nie. Eerlikheid is. (waarvan ek bewus geword het deur die verwysing na ‘n artikel op AntWoord se webblad) asook jou artikel, Wat ek glo.
Die vraag oor hoe daar verantwoordelik oor die term ‘geloof’ gedink kan word, het ek reeds hier aangespreek. Die punt wat ek probeer maak het is dat deur die woord geloof in verskillende kontekste te gebruik, verskillende dinge kan beteken. Wat sake verder bemoeilik is dat skeptici en selfs gelowiges soms ʼn betekenis aan die woord ‘geloof’ toedig wat geen gronde het nie.
In my laasgenoemde artikel het ek probeer aantoon dat ‘geloof’ op veral twee maniere gebruik word en dat dit nie met mekaar verwar moet word nie. Mense gebruik die woord ‘glo’ of ‘geloof’ dikwels op onduidelike maniere, daarom is dit belangrik om te probeer bepaal of iemand verwys na sy “oortuiging dat iets so is” en of iemand verwys na sy “vertroue in iets”. M.a.w. daar is ʼn verskil tussen “ek glo dat” en “ek glo in”.
Kom ons kyk weer na die opmerking van Kobus Kellerman van hoe geloof in die alledaagse lewe manifesteer: “Ons glo dat as ons die skakelaar aanskakel die ligte sal skyn; as ons die kraan oopdraai, sal die water uitkom…” Jy kritiseer hierdie opmerking om aan te dui dat hier nie sprake is van geloof nie, en sê:
“Om te verwag dat die lig sal skyn wanneer jy die skakelaar druk, of dat daar water sal uitkom wanneer jy die kraan oopdraai, verg nie geloof nie. Dit verg bloot ervaring met skakelaars en krane. En as jy nie seker is nie, kan jy die skakelaar druk of die kraan oopdraai en sien of dit werk. Geen geloof is nodig nie.”
Maar Kellerman se punt was tog nie dat ons nie weet of daar water uitkom as ons krane oopdraai of lig verskyn as ons skakelaars druk nie. Nee, Kellerman wou ʼn baie beskeie punt maak deur daarop te wys dat as ons glo dat water uit krane kom of dat lig verskyn as ons skakelaars druk, dan demonstreer ons aksies ons oortuigings deurdat ons ‘n kraan oopdraai of ‘n skakelaar druk. M.a.w. ons geloofshandeling wys dan dat “ons glo wat ons sê dat ons glo”.
(Net terloops – en niks met Kellerman se punt te doen nie – dit is natuurlik foutief om te dink dat ons ervaring van krane en skakelaars, sou beteken dat ons kan sê: Ek wéét dat hierdie kraan, as ek dit oopdraai, water gaan oplewer. Die verwagting is daar, ja, maar dis geen waarborg nie, want ons ervaring is ook dat krane soms droog loop. Daarom is dit veel beter om wanneer jy voor ʼn spesifieke kraan staan te sê: Ek glo, met ʼn bepaalde mate van sekerheid, gebaseer op my ervaring van krane (miskien selfs van daardie spesifieke kraan) dat as ek hierdie kraan oopdraai, daar sal water uitkom. Maar om te sê dat jy dit wéét (selfs al is jy absoluut seker), is iets wat juis ʼn ervaring met krane jou behoort te verhoed om te doen.)
Ek dink dat ook Johann Aucamp in sy kommentaar aan jou ʼn punt wou maak waarmee jy nie behoorlik erns maak nie. As Aucamp sê dat “Om geloof in iets of iemand te hê is ‘n persoonlike keuse” dan is hy heeltemal reg. Aucamp verwys na die feit dat daar ʼn keuse gepaard gaan met die besluit om jou vertroue in iets te plaas (d.i. geloof te hê in iets). Daardie keuse word beïnvloed deur die vertrouenswaardigheid van die objek waarin vertroue geplaas word en daarom is Aucamp weereens korrek as hy sê “en kan eers tot uitvoering kom as u die nodige kennis en motivering het om die keuse te maak”. M.a.w. as ek tot die oortuiging gekom het dat iets vertrouenswaardig is (geloof te hê dat iets so is), dan kan ek my vertroue daarin plaas deur op ʼn bepaalde manier op te tree. Die punt is dus dat my oortuiging dat iets so is (geloof te hê dat), juis my keuse om my vertroue daarin te plaas (geloof te hê in) voorafgaan.
As ek jou reg opsom dan is jou probleem nie soseer met die logika van bogenoemde verduideliking as sulks nie, maar met die spesifieke toepassing daarvan. M.a.w. jy wil weet of ʼn mens regtig voldoende rede het om tot die oortuiging te kan kom dat God bestaan (m.a.w. te glo dat God bestaan), want dit gaan tog enige keuse vooraf oor of ʼn mens jou vertroue in daardie God sou kon of wil plaas.
Jy is natuurlik heeltemal reg dat om oortuig te wees van iets (te glo dat), die resultaat is van besinning. Waar jy egter erg fouteer (na my mening weens onkunde of dalk vir retoriese effek) is om te impliseer dat so ʼn oortuiging, wanneer dit by die bestaan van God kom, altyd sonder goeie motivering gepaard gaan omdat inligting skynbaar geïgnoreer word en dat so ʼn ‘geloof’ daarom oneerlik is.
Jy noem, n.a.v. Aucamp se verwysing na ʼn spesifieke artikel op ons AntWoord se webwerf, dat jy nie antwoorde kan kry op jou vraag “hoekom glo jy in God nie”. Jy sê dat ʼn mens jou moet glo, dat jy al gesoek het. Die probleem is dat ek jou natuurlik nie glo nie, want by AntWoord is daar ʼn hele afdeling wat gewy is aan die Bestaan van God waar jy talle redes sal kry vir jou vraag “hoekom glo jy in God?” (die artikel waarna Aucamp verwys het natuurlik nie ten doel gehad om hierdie spesifieke vraag te antwoord nie). Nou, ek het geen illusies dat jy noodwendig enige van daardie redes vir jouself oortuigend moet vind nie, maar dis nie jou vraag nie. Jy wil weet wat ander se redes is en jy sal dit daar kry (terloops, as jy dink my redes is nie goed gemotiveerd nie, dan is jy welkom om te verduidelik waarom nie en dan kan ons daaroor gesels.) Ek kry dus die gevoel dat jy dink dat omdat sekere mense nie na jou bevrediging kan redes gee vir waarom hulle in God glo nie (soos jy skynbaar oor jou ma dink en oor die ouens by Die Plan), jy daarom dalk al mag besluit het (al sê jy jy is oop) dat daar waarskynlik geen sulke redes is nie. Maar dalk is ek verkeerd?
Ek het vroeër genoem dat wat sake verder bemoeilik wanneer dit by ʼn definisie van geloof kom, is dat skeptici en selfs gelowiges soms ʼn betekenis aan die woord ‘geloof’ toedig wat geen gronde het nie. Jy skryf byvoorbeeld in ʼn Gebore Christen:
“Ek het soos ‘n kind geglo. Dit beteken dat ek maklik kon aaneem dat die goed wat nie vir my sin maak nie, wel duidelik is vir mense wat al langer daaroor dink. Om te glo beteken dat jy iets as waar aanvaar sonder dat jy dit weet. Om soos ‘n kind te glo beteken dat jy iets as waar aanvaar omdat jy vertrou dat ‘n gesagsfiguur wel weet.”
Jy is heeltemal reg om te sê dat om soos ʼn kind te glo, baie te doen het met die vertroue wat ʼn kind in ‘n gesagsfiguur plaas (sien ook hierdie artikel). Maar dit wat ʼn kind op so ʼn manier glo is natuurlik nie vir daardie rede summier verdag of vals nie! Jy plaas ʼn Richard Dawkins-meme wat sê: “3 bad reasons to believe anything: tradition, authority, revelation”, maar die feit is dat daar ʼn hordes goed is wat byna alle mense op grond van tradition en authority glo en wat heeltemal aanvaarbaar is (sien gerus hier en hier). En wanneer dit by die afwys van revelation kom, dan het dit meer te doen naturalistiese vooroordele, as met wat redelik die geval mag wees met die optrede van ʼn God wat werklik bestaan.
Jy sê egter dat “om te glo beteken dat jy iets as waar aanvaar sonder dat jy dit weet”. Nee, ‘om te glo dat’ is doodeenvoudig om ʼn oortuiging te hê dat ʼn bepaalde stelling ooreenstem met hoe dinge werklik is (terloops, dis hoekom daar nie iets is soos geloofsvrye mense is nie). As die stelling waar is en as dit begronding het (en nie maar net ʼn vae opinie is nie), dan kwalifiseer dit as ‘kennis’ (in die epistomologie word kennis dikwels gedefinieer as justified true belief). Die vraag is inderdaad of iemand se oortuiging waar is en goeie begronding het en dit behoort ondersoek te kan word (en dis ʼn komplekse aangeleentheid, gaan lees gerus verder oor die kriteria vir epistemologiese begronding), maar daardie oortuiging kan tog nie vals wees net bloot omdat iemand sê, “Ek glo dat X” nie.
Verder is dit belangrik om te besef dat kennis nie afhanklik is van absolute sekerheid oor wat jy dink jy weet nie. As dit die geval was, dan het ons geen kennis van enige historiese, juridiese, etiese of selfs wetenskaplike feite nie. Die mate waartoe ons kan aanspraak maak op kennis het in meeste gevalle te doen met ʼn hoë mate van waarskynlikheid weens die oorwig van getuienis, en nie omdat ons absolute bewyse kan lewer soos byna net in wiskunde en logika gedoen kan word nie. Trouens, daar is baie dinge wat ek as waar aanvaar, maar wat glad nie objektief geverifieer kan word nie. Dis byvoorbeeld heeltemal geregverdig om te glo (die oortuiging te hê dat dit ooreenstem met hoe dinge werklik is) dat ek laas Desember op vakansie ʼn baie mooi sonsondergang gesien het, alhoewel daardie ervaring op geen ander manier verifieerbaar is as bloot die feit dat dit deel van my geheue is nie. Vanuit iemand anders se perspektief bestaan daar egter altyd die moontlikheid dat ek my dit in ʼn verbeeldingsvlug misgis het of dat my ervaring dalk deel was van ʼn besonder werklike droom of dat my geheue op ander maniere mislei kon gewees het. Maar selfs al kan ek nie bo alle twyfel aan iemand bewys dat dit nie verbeelding of ʼn droom was nie, is ek steeds by my volste reg om te sê dat ek kennis het van wat ek met my oë gesien het.
Baie filosowe argumenteer dat oortuigings soos geheue-oortuigings (memory beliefs) as proper basic beliefs verstaan moet word. M.a.w. dis oortuigings (beliefs) waarvan die waarheidsgehalte bepaal word deur subjektiewe en feilbare ervarings, en nie deur allerlei ander redes of begronding nie. Wat interessant is, is dat filosowe soos Alvin Plantinga en ander meen dat die oortuiging dat God bestaan ook ʼn voorbeeld sou wees van ʼn properly basic belief. Die idee is dat indien God bestaan, dit deel is van hoe Hy die mens gemaak het om te funksioneer sodat die mens onder die regte omstandighede tot die oortuiging sal kom dat God bestaan (wat natuurlik nog nie ʼn waarborg is dat iemand verder ook hul vertroue in God sal plaas nie). Dit beteken nie dat daar nie ook objektiewe redes is om te glo dat God bestaan nie, maar dat ons oortuiging dat God bestaan nie van sulke redes afhanklik is nie. Die implikasie van hierdie idee is dat iemand kan kennis hê van God, selfs al kan daardie persoon geen objektiewe redes gee vir hul oortuiging dat God bestaan wat iemand anders tevrede gaan stel nie. M.a.w. die begronding vir ʼn oortuiging dat God bestaan is my onmiddellike ervaring van God (en presies watter tipe ervaring dit sou wees mag persoonsrelatief wees en daarom verskillend wees vir verskillende mense).
Die betekenis van die woord geloof of geloof as konsep is dus baie belangrik en genuanseerd. Natuurlik kan ʼn mens dit op ʼn manier definieer wat die konsep belaglik laat klink. Maar is ons dan nie met strooipoppe besig nie? Jy skryf byvoorbeeld die volgende in Wat ek glo:
“Solank ek die verstand en die oordeel het om te ondersky tussen dit wat ek weet, en dit wat ek nie weet nie. Solank ek myself afvra: “Hoe seker is ek hieroor? Wat is die rede vir my sekerheid?” Solank ek dít doen, hoef ek niks te gló nie. Ek kan weet of ek kan hoop. Glo is hoop of vrees wat vir jou soos kennis lyk.”
Ek dink jy bedoel dat jy jouself afvra wat die gehalte is van die redes vir jou oortuiging dat iets werklik so is. Jy wil weet of die redes waar en geregverdig is, want dit vorm die basis vir verantwoordbare oortuigings. Die kwessie van persoonlike sekerheid is minder belangrik, want ‘n oortuiging kan vals wees selfs al is ʼn mens seker dat dit waar is. Ek kan ook ʼn oortuiging hê wat waar is, en nie besonder sekerheid daaroor hê nie. Die belangrike punt om in te sien is dat om te sê, “ek weet X” ekwivalent is aan ‘n oortuiging (a belief) dat ʼn stelling oor X ooreenstem met wat werklik die geval is. Dink weer oor die klassieke definisie van kennis in die epistemologie: Knowledge is justified true belief.
Die probleem is dat ʼn mens growwe karikature kan skep en dan dink jy het iets gesê wat inherent waar is van die idee wat jy kritiseer, soos jy met die volgende uitsprake doen:
• “Glo is hoop of vrees wat vir jou soos kennis lyk” of
• “Geloof is ‘n verskoning om op te hou soek, om die waarheid te ignoreer” of
• “as dit jou gewoonte is om te glo jy’s reg sonder goeie rede…” of
• “die idee dat dit deugsaam of eerbaar is om feite te verwerp ter wille van hoop en vrees”.
Ek erken dat daar onnadenkende Christene is wat dalk op so ʼn manier oor geloof mag dink (net soos daar onnadenkende mense is wat snaakse goed oor baie ander dinge dink), maar ek dink nie dis wat ʼn verantwoordelik begrip van wat geloof werklik beteken van ʼn Christen vereis nie.
Apostaat, jy verwys na ‘n insident wat jy sê “‘n stukkie van die band tussen [jou] en die NG Kerk ontrafel” het. Ek het baie simpatie met jou ervaring en ek is seker jy kan nog hordes sulke tipe insidente opnoem wat jou siening en ervaring van die Christelike geloof (natuurlik nie beperk tot die NG kerk nie) geslyp het. Dis die kumulatiewe effek van ʼn klomp sulke skynbaar triviale maar baie persoonlike insidente wat baie mense op die ou end tot die gevolgtrekking kan bring dat die Christelike geloof irrelevant en selfs skadelik is. Ek verstaan en aanvaar dit, selfs al het ek ʼn ander belewenis, en selfs ten spyte van die onsensitiwiteit en onvolwassenheid wat dikwels gepaard gaan met baie van die vlees en bloed mense in wie se oortuigings ek deel en met wie ek op ʼn gereelde basis skouers skuur.
Jy vra op ʼn stadium: “Tot watter mate het ons ‘n verantwoordelikheid teenoor ons medemens om hom te help as hy iets glo wat vals is? Ek wens daar was mense wat dit vir my gedoen het. Dit is moeilik om nie te wonder hoe ek sou anders wees as ek vroeër vrygeraak het nie. As ek nooit vas was nie.”
Ek dink ons het altyd ʼn verantwoordelikheid om valsheid aan te spreek. Dit vorm ʼn groot deel van my eie motivering om aan gesprekke soos hierdie deel te neem. En ek hoor jou as jy sê dat jou ervarings jou vas en gevange laat voel het. Ek ontken nie jou ervarings nie en ervarings is altyd kompleks, maar ek bevraagteken onder andere die suggestie dat die boodskap en inhoud van die Christelike geloof inherent vir so ʼn ervaring verantwoordelik is.
Wel, sien hierdie as ʼn opregte uitnodiging tot gesprek.
Groete
Udo
Dr Kellerman, ek waardeer dat u die tyd geneem het om my te antwoord. Ek probeer verstaan: Hoe het u tot die gevolgtrekking gekom dat die Skrif betroubaar is?
Vriend Apostaat
Ek sal probeer om jou vraag sinvol te beantwoord deur my eie reis met die Skrif kortliks aan te stip.
Ek het grootgeword met ‘n respek vir die Bybel as God se Woord. Toe ek as jongman later gaan teologie studeer het – ek het eers na skool ander paaie geloop, is ons natuurlik blootgesel aan kritiese denke oor die Skrif. Later toe ek dosent in die teologie geword het, was ‘n diepgaande studie van die Woord my voorreg en ook ‘n noodsaaklikheid. Ek was, en is, bewus daarvan dat daar baie verskille bestaan oor die letterlike verstaan van gedeeltes van die Bybel. Om die problematiek te kan hanteer help dit my om te verstaan dat die Bybel nie bedoel is om ‘n wetenskaphandboek te wees nie. Die klem val eerder daarop dat dit God is wat geskep het, alhoewel dit nie duidelik is oor hoe die hele proses van skepping verloop het nie. Die bestudering van die proses waarvolgens die skepping ontstaan en bestaan, is die werk van die natuurwetenskappe. Ook is dit nie ‘n boek wat die gekiedenis oral feitelik weergee nie en word die geskiedenis eerder gebruik om God se genadige bemoeienis met die skepping, in besonder met die mens, te beskryf. Op die ou end wil dit vir ons ‘n bepaalde boodskap deurgee.
Die eie aard van die boodskap en in besonder hoe dit in die lewe en sterwe van Jesus Christus as evangelie, as die goeie boodskap van verlossing , van lewe en hoop, beskryf word, aanvaar en glo ek as die waarheid. Dit bring vrede in my lewe. Hoe geloof in Jesus Christus mense se lewens deur die eeue positief verander het, is oor en oor bewys. In die Skrif is die lewe van Paulus ‘n onomwonde bewys dat geloof in Jeusus Christus volkome vryspraak van sondeskuld bewerk (Fil. 1:7-11). En dan kan ek, en ander wat hierdie geloof het met vrymoedigheid sê dat ‘die Heilige Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is’ (Rom. 8:14-17). Die verdere wete dat dit alles binne die liefde van ‘n genadige God gesetel is, bring ware dankbaarheid en lewensvreugde (Vgl Rom. 5:1-11; 1 Joh. 3:1).
‘n Ontdekking wat ek jare terug gemaak het, nl. dat God my lief het, bring mee dat ek telkemale net voor Hom neerbuig en soos Thomas uitroep: “My Here en my God!”. Die Skrif is vir my betroubaar omdat sy boodskap vetrou kan word. Maar eintlik moet ons sê dat dit so is omdat dit God se boodskap is. Daarom glo ek dat God in sy trou sy boodskap legitimeer. Ons kan en mag dit aanvaar. Dit is so! Dit werk!
Ek herinner jou daaraan dat geloof ‘n saak is van ‘n seker kennis en ‘n vaste vertroue dat iets vir jou die waarheid is ( vgl. HK; HAT se definisie van geloof; Heb. 11:1). Kennis is belangrik om te kan glo. Daarom is ‘n onbevange blootstelling aan die Skrif so nodig. Dit bring ons binne die kragveld van die Gees wat geloof in ons bewerk (Lees bv. Rom.3-8 en die Johannes- evangelie).
Hierdie is maar ‘n paar gedagtes wat ek met jou deel. Ek hoop dit help.
Kobus Kellerman.
Dankie vir die verduideliking. Ek probeer opsom (stel my gerus reg as ek verkeerd verstaan):
Wat het jou oortuig om in God te glo?
– Die Bybel.
Hoe weet jy dat die Bybel betroubaar is?
– Dis God se woord.
Dit lyk vir my soos ‘n sirkelredenasie.
Baie dankie dat u thePLAN-diePLAN se blog gekies het om antwoorde op u vrae te kry.
Apostaat = Afvallige, geloofsversaker
U skuilnaam sê dat u aan die een of ander kerk / geloof behoort het maar verkies om nie verder te glo in die leerstellings van daardie kerk of geloof nie. Of dit nou Christen, Moslem, Budhist, Hindu, of, of of was, sal net u weet.
Om geloof in iets of iemand te hê is ‘n persoonlike keuse en kan eers tot uitvoering kom as u die nodige kennis en motivering het om die keuse te maak. Dit is so dat nie almal ‘n verhouding met God begeer nie, net soos wat ons ook nie met almal wat ons pad kruis ‘n verhouding wil aangaan nie.
Ek aanvaar dat u skool gegaan het en selfs moontlik naskoolse kollege of universitêre opleiding kon gehad het.
Vakke op skool –
Geskiedenis; is alles waar wat in die geskiedenisboeke staan? Het die geskiedskrywers alles presies en akkuraat aangeteken? Glo u dat dit getoets is en wel waar bevind is voordat dit teboek gestel is?
Wiskunde; is alles waar wat beweer word wiskundig bewys kan word? Glo u dat die wiskundiges alles getoets en waar bevind het voordat hierdie formules en bevindinge aan die wêreld verkondig is?
Wetenskap; is alles waar wat die wetenskap beweer waar en akkuraat is? Het u op skool en of na skool in u opleiding aan enige van die eksperimente deel gehad en bewys dat wat daar geskryf staan wel waar en korrek bewys kan word?
Wanneer dit by die Bybel en die leringe en leerstellings in die Bybel kom, staan ‘n mens dikwels skepties oor wat daar geskryf staan want dit het nie net met mense te doen nie, maar ook met die geestelike of dan “bonatuurlike” as ‘n mens dit so wil noem.
Ons as Christene glo in die Drie-enige God: Vader, Seun en Heilige Gees en aanvaar die Bybel as die geskrifte wat deur die Heilige Gees geinspireer is; sowel die Ou Testament as die Nuwe Testament. Net soos die geskiedenisboeke wat op skool en in hoër-onderwys gebruik word, deur mense geskryf is wat die gebeurlikhede op ‘n medium wou vaslê, is die Ou Testament deur diegene vasgelê wat deur God/die Heilige Gees geinspireer is om dit te doen.
Die Nuwe Testament, daarenteen, is deur diegene geskryf wat die aarde saam met Jesus bewandel het; sy disippels, vriende van die disippels, mense wat met ooggetuies en volgelinge van Jesus gepraat en hulle ervaringe en wedervaringe op ‘n medium vasgelê het. Dan is daar ook hulle wat na Christus se dood die evangelie uitgedra het en wat self daaroor geskryf het, of mense by hulle gehad het wat die wedervaringe teboek gestel het. Van Mattheus in die Nuwe Testament tot by Openbaring in die Nuwe Testament lees ‘n mens van die invloed van Christus op mense se lewens en die rol wat die Heilige Gees daarmee saam vervul het.
Ek is nie ‘n teoloog nie, of ‘n sendeling nie, of ‘n opgeleide prediker nie en het ook wye draaie in my lewe geloop, maar deur die Heilige Gees se ingryping in my lewe het ek my lewe omgekeer en teruggekeer na God die Vader, Jesus Christus die Seun en die Heilige Gees toe. Dit is nie ‘n lewe van maanskyn en rose nie, dit is nie ‘n lewe waar daar ‘n verwagting is dat elke gebed verhoor sal word nie, of elke wens vervul sal word nie, dit is nie ‘n lewe wat net uit voorspoed en oorvloed bestaan nie, maar ‘n geïnspireerde lewe, geesvervulde lewe.
Daar is geweldig baie webtuistes en blogs waar al hierdie dinge bespreek word en daar is ook gereelde praatjies oor die radio oor hierdie kwessies. U het gekies om Prof Kobus om antwoorde te nader en u sal dit ook vanaf hom ontvang.
U kan op ‘n groot verskeidenheid van hierdie kwessies ook antwoorde kry op ander webtuistes en blogs soos byvoorbeeld die volgende webblad:
http://www.antwoord.org.za/2016/05/probleme-geloof/
Dan kan u ook op RSG se radio programme se potgooi gaan kyk na klankopnames van die program genaamd “Fiks vir die lewe”. Kyk in besonder of u die program van 9 Oktober 2016 se klankopname kan aflaai om daarna te luister. Dit is gewoonlik die dag na die lewendige uitsending daarvan as ‘n potgooi beskikbaar.
http://www.rsg.co.za/Program-Vorige/311/Fiks-vir-die-lewe
Ek glo dat u ook vanaf die ander skrywers op hierdie blog antwoorde kan verwag.
Hierdie is my beskeie mening en ek vertrou dat dit vir u tot waarde sal wees.
Weet net dat Christus u liefgehad het nog lank voordat u in u moederskoot gevorm is en u nog steeds liefhet. Die keuse berus by u of u vir God die Vader, Christus die Seun en die Heilige Gees in u lewe gaan toelaat en uself in hulle liefde gaan koester.
Groete in Christus die Here.
Johann Aucamp
Om te verwag dat die lig sal skyn wanneer jy die skakelaar druk, of dat daar water sal uitkom wanneer jy die kraan oopdraai, verg nie geloof nie. Dit verg bloot ervaring met skakelaars en krane. En as jy nie seker is nie, kan jy die skakelaar druk of die kraan oopdraai en sien of dit werk. Geen geloof is nodig nie. Wanneer ons egter oor “geloof in die bonatuurlike, die transendente” praat, wat bedoel ons nou eintlik? Stellings waarvoor ons nie ervaring het nie (bv wat gebeur na ons sterf, verhale oor dinge wat glo gebeur het voordat ons daar was om dit te beleef) en stellings wat ons nie kan toets nie. Het ons dan ‘n goeie rede om te glo? U argument is dát ons moet glo, maar u verduidelik nie hóé u in die eerste plek oortuig is nie.
Ek stem nie saam met die kommentaar nie.
Ervaring is tog gelyk aan kennis opgedoen oor ‘n saak; vertroue dat die aanskakel lig sal laat skyn, is myns insiens ’n geloofshandeling.
En ons oortuiging (kennis) t.o.v. die transendente vind ons in die Skrif wat vir ons die betrokke saak omskryf en ons uitnooi om ons vertroue daarin te plaas.
Dr Kobus Kellerman
Good evening Johann,
Thanks a million for sending me this document and may God bless you.
Regards,
jonas.